STEVE HOFMEYR - 25 JAAR SE BESTES
Ná ’n kwarteeu as een van Suid-Afrika se mees suksesvolle en gerespekteerde kunstenaars, skenk Steve Hofmeyr sy aanhangers 25 JAAR SE BESTES – ’n monumentele 42-snit terugblik met treffer na treffer na treffer.
Opgewek, spontaan, omstrede, prettig, eerlik, oorspronklik en hoflik– so het ons hierdie grootse persoonlikheid leer ken. In twee verskillende meningspeiling is hierdie Pretoria-gebore, Bloemfontein-getoë bekende aangewys as die 32ste en 13de mees gewildste Suid Afrikaner ooit. Na ? dekade van sy geselsprogram DIS HOE DIT IS, vele films en TV reekse, verhoogdramas en musiekblyspele, agt boeke, tallose toekennings en duisende konserte oor vier kontinente, blyk daar by hierdie kreatiewe Boerseun min tekens van stoom verloor. Sy skouspelagtige momentum bly ? plesier om te aanskou.
Hofmeyr se langdurige sukses as sanger, akteur, liedjieskrywer, aanbieder, digter, skrywer, aktivis, polemikus en webslim blogger het hierdie ster albumverkope van oor die twee miljoen besorg sedert hy destyds in 1985 as grootoog 20 jarige tot die plaaslike vermaaktoneel toegetree het.
Met die saamstel van 25 JAAR SE BESTES, sy nuutste dubbel-CD versameling van sy grootste treffers, was Hofmeyr se kriteria om die gapings te vul en sy aanhangers sy mees volledige samestelling nog te bied, insluitende baie van sy oorspronklike opnames, alles in een kragtige en geheue-skuddende pakket. “Ek moes twee-en-veertig snitte kies uit tweehonderd opgeneemde oorspronklikes,” wys Hofmeyr uit. “So baie moes weggelaat word, en dis taai. Dis soos om tussen jou kinders te kies. Ek het met hierdie liedjies gelewe my hele lewe en loopbaan, hulle lewendig uitgevoer, aand na aand, ek onthou selfs die mense en plekke aan wie ek hulle opgedra het - so om die regte keuses in te sluit, was ’n uitdaging.”
“Jy kry vele maatstawwe vir treffers,” sluit hy aan. ”Die belangrikste is, dat dit liedjies moet wees wat mense ken, wat darem redelik verkoop het. Dan kry jy seker liedjies wat daagliks gespeel word maar nie noodwendig groot verkopers was nie,” sê hy met ’n glimlag, “En ek het ‘n paar van daardie ook.”
Verskillende streke in die land het ook verskillende liedjies, wat nie noodwendig enkelspelers was nie, hulle eie gunstelinge gemaak. “Dis byvoorbeeld te danke aan OFM dat Pampoen die treffer is wat dit vandag is, “ onthou Hofmeyr. “Dit het by hulle begin, sonder ons beterwete en toe ek my kon kry, het dit ontplof soos ek nooit sou verwag het nie. “
“Sommige radiostasies kry langsaam vat aan ‘n lied. Totdat hulle luisteraars hulle begin pla daarmee. Ek sal met ‘n nuwe CD toer en skielik ‘n groot reaksie begin geniet op ‘n vorige album se liedjies, in ‘n sekere streek. Soos DKW, Haloda en 12 Uur. Laatkommertreffers. Dan stof ek hulle maar weer af. Sommige snitte op ‘n versamel-CD het betrekking op buiteprojekte, soos ‘Lied Van My Hart, wat ‘n musiekblyspel met dieselfde naam was. Of liedjies wat byval vind uit die rolprente waarin ek speel. Almal vra weer vir’ Deur Jou Vingers’ na die 2011 film Platteland.”
“Baie aanhangers sou wou hê ek moes die gewilde “covers” insluit, maar ek het hierdie keer by die meer oorspronklike werk gehou,” verduidelik Hofmeyr, “Ten spyte van die sukses van die Kris Kristofferson en Neil Diamond optredes, was ek lus vir ‘n bietjie meer Afrikaans. Soos Tjoklitbeksoentjies en Boe! “
Beautiful Noise, Hofmeyr se huldeblyk aan Diamond se werke, bly sy derde-beste verkoper ooit.
25 JAAR SE BESTES is ’n stewige mengsel van sy Afrikaanse snitte soos ‘Ek Ken Jou Soms’, ‘Die Sprokie’, ‘Kyk Hoe Lyk Ek Nou’, ‘Assegaai’, ‘Amper’, ‘Kaapse Draai’, ‘Waarmaker’ en ‘Pampoen’, asook Engelse treffers soos ‘Hand On My Shoulder’, ‘Last Time You Came Along’, ‘Prove Me Wrong (Prove Me Right)’, ‘No Hero’, ‘Kiss Me’ and ‘Love’s The Light’.
Benewens meer as twee dekades se tyd-kapsules, bevat 25 JAAR SE BESTES ook die meer onlangse ‘Kol Op Die Maan’, die kontroversiële ‘Ons Sal Dit Oorleef’, ‘Juliet’, die prentjiemooi ‘Blou Ballon’, die hartskreet ‘FM Stereo’ en hartroerende ‘Pa & Seun’ – liedere wat Hofmeyr se laaste drie produktiewe jare onderstreep.
Klassieke nabootser, volslae vermaakkunstenaar, produktiewe komponis, ongeneesbare Bloubul – noem hom wat jy wil, dis ’n onomseilbare feit dat hierdie 42 keur treffers Hofmeyr uitsonder as ’n kunstenaar met ‘n groot droom, deursettingsvermoë en ‘n skatkis vol verrassings, keer op keer. Aangesien daar geen teken is dat sy spoed afneem nie, dien sy 25 JAAR SE BESTES as ’n herinnering, ’n terugblik, maar ook ’n bevestiging van talent en erfenis waarby daar steeds nuwe hoofstukke gevoeg word met elke jaar wat verbygaan.
As aktivis bly Hofmeyr beswaard oor die welsyn van sy mense en taal en beskryf homself gereeld as ‘n mensmoeilike kultuurdier. ”Ek sal weer ontspan as dit goed gaan met almal en Suid Afrikaners kry wat hulle eintlik toekom.”
Steve is tans besig met opnames vir TOEKA 3, sy 26ste CD, 26ste toer en 26 jaar as professionele sanger.
Volg hom op Twitter: @steve_hofmeyr en Facebook: www.facebook.com/steve.hofmeyr of hou ’n ogie op sy webwerf, www.stevehofmeyr.co.za, vir debate, aktualiteit, toerbesonderhede en nuus.