The Barnyard Theatre - BRENDAN PEYPER
BARNYARD LOYALTY CLUB
 
 
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
BRENDAN PEYPER
Een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse musieksterre
Brendan Peyper bevestig steeds sy status as een van Suid-Afrika se grootste Afrikaanse musieksterre. Die dubbelplatinum kunstenaar het onlangs nóg ’n indrukwekkende mylpaal bereik toe sy jongste album, “Troumateriaal”, by die SAMA32-toekennings met die prys vir “Beste Pop Album” bekroon is.

Met trefferliedjies soos “Kyk”, “Moegdans” en “Rooivlag” op sy naam, bly Brendan ’n gunsteling onder musiekliefhebbers regoor die land. Sy unieke styl, energieke verhoogoptredes en opregte connection met sy aanhangers sorg steeds vir uitverkoopte en stampvol vertonings naweek ná naweek.

Aanhangers kan ook uitsien na sy verskyning in die tweede seisoen van “Ander Dam Se Eende”, waar hy saam met Bobby van Jaarsveld op ’n onvergeetlike avontuur vertrek.

Met bekroonde musiek, ’n besige toerprogram en opwindende nuwe projekte op die horison, bewys Brendan Peyper steeds waarom hy een van die mees geliefde en suksesvolle kunstenaars in Suid-Afrika is.

SHARE THIS PAGE