BARNYARD LOYALTY CLUB
ENQUIRIES
Book online through our website
or telephonically
ANTON GOOSEN
Liedjieboer 78 rpm
Anton Goosen is sekerlik een van die bekendste name in Afrikaanse musiek en word beskou as die vader van moderne Afrikaanse musiek as liedjieskrywer vir ander kunstenaars asook vir homself/ 19 van sy treffers is in die nuutste F.A.K. bundel opgeneem en sy loopbaan strek al meer as vier dekades.

Kom saam die Liedjieboer op 'n reis deur al hierdie jare se treffers van en hoor van die stories rondom die liedjies. Illimar Neitz vergesel Anton met sy sielvolle ghitaarspel om verdere kleur aan die onvergeetlike vertoning te gee.

Anton het deur die jare telkens saam opkomende kunstenaars gewerk en gehelp om hulle talent na vore te bring. Hierdie keer kry Takhaar die geleentheid om die gehoor te vermaak en die verhoog vir Anton te open. Moet nie die geleentheid mis nie!

SHARE THIS PAGE